SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1B.J. van der Walt's concentration problemProfessor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black Africans author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

NIXON, Graeme. Die totstandkoming van filosofie in die Religieuse Onderwys in Skotse sekondêre skole. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-13. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel bestudeer die veranderings ten opsigte van Religieuse Onderwys in die konteks van Skotse sekondêre skole. Dit vermeld ook die ontwikkeling aangaande die toenemende gebruik van filosofiese vaardighede en inhoud. Voordat die aard, omvang en tydsberekening van hierdie ontwikkeling oorweeg word, bied die artikel 'n wyer konteks waarin die veranderings in Skotse onderwys verstaan moet word. Die hipotese wat ontwikkel word, is dat verandering in die samelewing (veral sekularisasie) en in onderwys (veral die beweging na reflektiewe onderwysleer), sowel as die noue epistemologiese band tussen filosofie en religieuse onderwys 'n meer filosofiese aard aan religieuse onderwys verleen. Hierdie artikel maak gebruik van 'n interpretatiewe navorsingsparadigma en oorweeg kwantitatiewe en kwalitatiewe inligting wat verkry is deur 'n opname waaraan 126 sekondêre skole deelgeneem het en deur onderhoude met sewentien sleutelinformante. Wanneer hierdie data tesame met bestaande beleidsondersoeke en wetenskaplike literatuur oorweeg word, toon dit aan dat drie hipotetiese komponente wat onderling aan mekaar verbind is, die kern van die beweging na meer filosofiese Religieuse Onderwys vorm, hoewel ander moontlikhede ook geopper en oorweeg word. Op grond van bogenoemde bevindings stel hierdie artikel ook verdere navorsingsareas voor.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License