SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listening author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

OLIVIER, Bert. Wêreldbeskouings: 'n Seën of 'n vloek?. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-8. ISSN 2304-8557.

Die begrip van 'n wêreldbeeld vind weerklank by ander begrippe, soos 'kultuur', beskawing, en lewenswyse. Daar kan geargumenteer word dat dit 'n moderne fenomeen is, waarvan die moontlikheid in die daeraad van die moderne epog verwerklik is. Die moontlikheid daarvan kan nietemin in beginsel so lank gelede as in Plato se Republiek nagespeur word. Dit is egter Heidegger wat die meeste insig gee in die aard van 'n wêreldbeeld, sowel as in die redes waarom dit eers in die moderne era gerealiseer is. Gevolglik voorsien 'n analise van Heidegger se essay, 'Die tyd van die wereldbeeld' die raamwerk waarin daar betoog word dat wêreldbeelde sowel seëninge as vervloekinge is in die huidige era: seëninge, omdat, soos Harries aanvoer, ons verlos is van die moderne idee van een omvattende wêreldbeeld of ideologie, sodat 'n mens nie langer in slegs een 'korrekte' siening van die wêreld kan glo nie; vervloekinge, omdat hulle alle goedbedoelde pogings om oor sake van gemeenskaplike belang te kommunikeer, in die wiele ry. Dat daar 'n manier is om hierdie toedrag van sake met die hoop op oorkoming van die oorsake van vervreemding aan te spreek, is die taak wat hierdie artikel sigself gestel het om aan te toon en dit is weereens Heidegger, met sy begrip van die 'viervoud', wat die bron is hiervan.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License