SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77 issue1B.J. van der Walt's concentration problem author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, Barend J.. Om te vlieg op die vlerke van Vollenhoven se radikale Christelike lewensvisie: 'n Herevaluering van 'n gangbare tipologie van Christelike lewensvisies. Koers (Online) [online]. 2012, vol.77, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek in hoofsaak die tradisionele tipologie van Christelike lewensvisies vanuit die perspektief van die Christelike filosoof, D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978). Daarvolgens word die gangbare kategorisering, wat by Niebuhr (in 1951) 'n aanvang neem en later ook deur verskeie reformatoriese denkers aanvaar is, bevraagteken as te simplisisties, omdat dit Christelike denkers en denkskole in slegs vyf tipes probeer indeel. Die artikel toon aan dat lewensvisies - ook die Christelikes - meer komplekse verskynsels is. Hulle mag byvoorbeeld nie as blote logiese of estetiese 'stories' beskou word nie. Vollenhoven se sistematiese filosofie en sy filosofiese historiografie (sy teties-kritiese benadering) bied belangrike suggesties vir 'n nuwe wyse om verskillende Christelike lewensbeskouings te bestudeer en bied daarbenewens ook die moontlikheid om 'n duideliker, radikaler en omvattender Christelike lewensvisie, wat op God se drievoudige skeppings-, skrif- en vleesgeworde openbaring gegrond is, te vergestalt.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License