Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
DREYER, J.M. y KRUGER, F.P.. Die ontwerp van 'n kategesekurrikulum vir graad 1 - 3 in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.325-355. ISSN 2304-8557.
Die artikel bied 'n beskrywing van die metodologiese benade-ring wat in die ontwerp van 'n kurrikulum vir graad 1-3 katki-sante in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gevolg is. Die kurrikulumstruktuur moet die katkisante begelei om onder die indruk van die grootheid van die Woord van God te kom. Kate-gese is doelgerigte onderrig met 'n definitiewe leeruitkoms. In 'n postmoderne denkklimaat stel dit egter hoë eise aan kategete, omdat baie aangeleenthede wat vantevore as vanselfsprekend aanvaar is, nie meer sodanig geag word nie. Die hedendaagse strewe om kinders doelgerig te bereik, is in werklikheid 'n strewe van die kerk dwarsdeur die geskiedenis. Identifisering van die gebreke van die verlede kan ons in staat stel om hieruit te leer sodat daar op goeie beginsels voortgebou kan word.
Palabras clave : katkisasiehandleidings; katkisasiekurrikulum.