SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número2Economism índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

SLABBERT, M.; MNYONGANI, F.D.  e  GOOLAM, N.. Die reg, geloof en orgaanskenkings. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.261-282. ISSN 2304-8557.

Enige orgaanskenking in Suid-Afrika, hetsy n skenking van n lewende of n afgestorwe skenker, word tans op altruïstiese gronde gedoen. Dit beteken dit is die keuse van die skenker of die familie van die oorledene om n orgaan te skenk of nie. Daar is geen finansiële vergoeding vir die skenker nie. Byna alle ge-lowe regverdig altruïstiese orgaanskenkings, omdat dit lewens kan red en lewensgehalte kan verbeter. Ten spyte van die positiewe houding van die navolgers van verskeie gelowe ten opsigte van orgaanoorplantings, is daar steeds n wêreldwye tekort aan oorplantbare organe, veral niere. Baie pasiënte sterf terwyl hulle op n oorplanting wag. Die vraag kan daarom tereg gevra word of die verskillende gelowe nie die aandrang om finansiële vergoeding vir skenkers behoort te steun nie. In hierdie artikel val die klem op die Christen- en Moslemgelowe om hulle posi-sie in hierdie verband te probeer peil. Daar word tot die slotsom gekom dat n praktyk wat vergoeding aan skenkers toelaat moontlik moet wees, afgesien van godsdienstige beskouings daaroor, aangesien orgaanskenking n uitdrukking van persoonlike outonomiteit is. Dit is die uitdrukking van selfbeskikking wat aan 'n persoon die reg gee om self te besluit of hy/sy n orgaan altruïsties wil skenk of daarvoor vergoed wil word.

Palavras-chave : Christelike geloof; Moslemgeloof; orgaanoorplantings; orgaanskenking; skenkervergoeding.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons