SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número2Paradigms, beliefs and values in scholarship: A conversation between two educationistsLaw, religion and organ transplants índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 0023-270X

Resumen

VENTER, E.  y  VAN NIEKERK, L.J.. 'n Herbesinning van die rol van mag, straf en dissipline in Suid-Afrikaanse skole. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp. 243-260. ISSN 0023-270X.

Hierdie artikel ondersoek die rol van dissipline en straf in Suid-Afrikaanse skole en ondersoek die onderliggende gesags-verhoudings wat opvoeding en leer in Suid-Afrika onderlê. Die artikel probeer om die Suid-Afrikaanse skole se preokkupasie met dissipline, gesag en straf te dekonstrueer in terme van die teoretiese raamwerk van Michel Foucault soos dit verskyn in sy werk, "Surveiller et punir: naissance de la prison" (1975), in Engels vertaal as "Discipline and punish: the birth of the prison" (1977). Dit is Foucault wat ons herinner dat die moderne skool gebaseer is op die Pruisiese militêre ideaal van stiptelikheid, dissipline, netheid, en onderdanigheid aan outoriteit. Foucault sien skoling aan die een kant as "corriger", met ander woorde om te straf of op te voed. Onderwys as "regstelling" word dus gesien as die teenvoeter van outoritêre straf. Foucault vestig die aandag op die subtiele taktiek en beperkings wat onder die oppervlak van sogenaamde bourgeois-vryheid teenwoordig is. Daar word gevind dat outoritêre straf steeds n algemene probleem in Suid-Afrikaanse skole is. Vanuit Foucault se werke word voorstelle gemaak vir veranderings in die sisteem en in onderwysers se denkwyse om na 'n meer konstruktiewe wyse van gesag- en dissiplinehandhawing te beweeg.

Palabras clave : dissipline; magsverhoudings; straf; vryheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License