SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue2The value of values: A Christian-philosophical reflection on the nature and directional power of values author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VENTER, E.  and  VAN NIEKERK, L.J.. 'n Herbesinning van die rol van mag, straf en dissipline in Suid-Afrikaanse skole. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.243-260. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek die rol van dissipline en straf in Suid-Afrikaanse skole en ondersoek die onderliggende gesags-verhoudings wat opvoeding en leer in Suid-Afrika onderlê. Die artikel probeer om die Suid-Afrikaanse skole se preokkupasie met dissipline, gesag en straf te dekonstrueer in terme van die teoretiese raamwerk van Michel Foucault soos dit verskyn in sy werk, "Surveiller et punir: naissance de la prison" (1975), in Engels vertaal as "Discipline and punish: the birth of the prison" (1977). Dit is Foucault wat ons herinner dat die moderne skool gebaseer is op die Pruisiese militêre ideaal van stiptelikheid, dissipline, netheid, en onderdanigheid aan outoriteit. Foucault sien skoling aan die een kant as "corriger", met ander woorde om te straf of op te voed. Onderwys as "regstelling" word dus gesien as die teenvoeter van outoritêre straf. Foucault vestig die aandag op die subtiele taktiek en beperkings wat onder die oppervlak van sogenaamde bourgeois-vryheid teenwoordig is. Daar word gevind dat outoritêre straf steeds n algemene probleem in Suid-Afrikaanse skole is. Vanuit Foucault se werke word voorstelle gemaak vir veranderings in die sisteem en in onderwysers se denkwyse om na 'n meer konstruktiewe wyse van gesag- en dissiplinehandhawing te beweeg.

Keywords : dissipline; magsverhoudings; straf; vryheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License