SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

ROUX, C.D.  e  VAN DER WALT, J.L.. Paradigmas, vooronderstellings en waardeoriënterings in wetenskapsbeoefening: 'n Gesprek tussen twee opvoedkundiges. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.221-242. ISSN 2304-8557.

Wetenskapsparadigmas speel deurlopend 'n rol in akademie-skap, maar min navorsers verwoord eksplisiet hulle navorsings-paradigmas. 'n Navorser word soms wel gedwing om analities na sy/haar navorsingsparadigma te kyk. Hierdie artikel is in die vorm van 'n gesprek tussen twee navorsers wat vanuit hulle verskillende paradigmas op die terrein van die Religiestudies/ Religieuse Onderrig/Religie in Onderwys2 werk en moontlike samewerking vanuit hierdie verskillende paradigmas oorweeg. Hierdie oorweging spruit daaruit dat hulle aanvanklik aan dieselfde universiteit studeer het. Hulle weë het egter na hulle voorgraadse studiejare uiteen gegaan, en gaandeweg het hulle heeltemal verskillende wetenskaplike, paradigmatiese waarde-oriënterings ontwikkel. Hulle gesprek lig nie slegs die verskille in hulle onderskeie lewensbeskouings, waardeoriënterings en benaderings tot Religiestudie uit nie, maar dui ook prakties aan hoe die verskillende wetenskaplike paradigmas (met hulle samehangende waardeoriënterings) 'n navorser se (sienings oor) akademieskap en navorsing in Religie in Onderwys en Religieuse Onderrig kan beïnvloed.

Palavras-chave : akademieskap; opvoedkunde; paradigmas; waarde-oriënterings; waardes.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons