SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

ROUX, C.D.  and  VAN DER WALT, J.L.. Paradigmas, vooronderstellings en waardeoriënterings in wetenskapsbeoefening: 'n Gesprek tussen twee opvoedkundiges. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.2, pp.221-242. ISSN 2304-8557.

Wetenskapsparadigmas speel deurlopend 'n rol in akademie-skap, maar min navorsers verwoord eksplisiet hulle navorsings-paradigmas. 'n Navorser word soms wel gedwing om analities na sy/haar navorsingsparadigma te kyk. Hierdie artikel is in die vorm van 'n gesprek tussen twee navorsers wat vanuit hulle verskillende paradigmas op die terrein van die Religiestudies/ Religieuse Onderrig/Religie in Onderwys2 werk en moontlike samewerking vanuit hierdie verskillende paradigmas oorweeg. Hierdie oorweging spruit daaruit dat hulle aanvanklik aan dieselfde universiteit studeer het. Hulle weë het egter na hulle voorgraadse studiejare uiteen gegaan, en gaandeweg het hulle heeltemal verskillende wetenskaplike, paradigmatiese waarde-oriënterings ontwikkel. Hulle gesprek lig nie slegs die verskille in hulle onderskeie lewensbeskouings, waardeoriënterings en benaderings tot Religiestudie uit nie, maar dui ook prakties aan hoe die verskillende wetenskaplike paradigmas (met hulle samehangende waardeoriënterings) 'n navorser se (sienings oor) akademieskap en navorsing in Religie in Onderwys en Religieuse Onderrig kan beïnvloed.

Keywords : akademieskap; opvoedkunde; paradigmas; waarde-oriënterings; waardes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License