SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue4Female leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in GermanyWhen western leadership models become a mixed blessing author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER MERWE, H.M.. Gehalte-onderwys aan die armes. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.771-787. ISSN 2304-8557.

Gehalte-onderwys is nie vrylik beskikbaar aan leerders uit arm omgewings nie. Daar is egter merkwaardige uitsonderings. Hierdie artikel ondersoek hoe gehalte-onderwys wat op sosiale kapitaal gegrond is aan arm leerders voorsien word. Die outeur doen verslag oor 'n kwalitatiewe ondersoek gebaseer op individuele en fokusgroeponderhoude wat gevoer is by 'n arm KwaZulu-Natalse skool vir leerders van graad R tot 9. Bevindings dui daarop dat gehalte-onderwys by hierdie navorsingsterrein verband hou met die morele bemiddeling van die skoolhoof en onderwysers. Deur middel van hulle etiek van wees en doen, verseker die skoolhoof en onderwysers dat voldoende hulpmiddels, gesonde verhoudings tussen die huis en skool, asook 'n hoë premie op morele waardes 'n ontvanklike leerderkorps tot gevolg het. Hierdie milieu bemagtig leerders met ywer, eerlikheid, hoflikheid, respek en bereidheid tot gemeenskapsdiens. Die bevindings dra by tot navorsing wat toon dat gehalte-onderwys 'n aanduiding is van die skoolhoof en onderwysers se etiek van wees en doen.

Keywords : gehalte-onderwys; morele bemiddeling; onderwysvoorsiening aan die armes; sosiale kapitaal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License