SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número4Cultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspectiveDialogical inquiry as an instrument of the reconciliation of conflict in the hands of Christian leaders índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

SINDANE, A.M.. Die toetrede van waardes en etiek tot die werklikheid: 'n raamwerk vir openbare leierskap en staatsbestuur. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.751-769. ISSN 2304-8557.

Genoegsame bewyse bestaan dat daar 'n etiese probleem in die openbare sektor is met betrekking tot die internalisering van norme en waardes. Dit het tot gevolg dat 'n onaanvaarbare hoeveelheid openbare skandale in verband met met ampsoortredings voorkom. Dit toon ook aan dat meganismes om etiese oortredings aan bande te lê, nie altyd doeltreffend is nie. Wêreldwyd ervaar regerings soortgelyke etiese oortredings. Hierdie artikel betoog vir 'n paradigmaskuif in openbare leierskap en staatsbestuur. 'n Strategie vir die internalisering van waardes, etiek en norme word benodig om aanspreeklikheid te beklemtoon. Daar word aangevoer dat antwoorde hiervoor nie te vind is in die gewone proses van onderrig en opleiding waar openbare leiers oor hulle rolle en nakoming van beleide, reëls en regulasies attent gemaak word nie. Dit is meer waarskynlik dat die antwoord lê in die internalisering van waardes en etiek van openbare leierskap en staatsbestuur, en die versekering dat dit te alle tye toegepas word. Daar behoort ook meetbare sanksies in plek te wees in gevalle van onverantwoordbaarheid. Om agterna oor die redes vir die nie-bereiking van doelwitte te onderhandel, is 'n praktyk wat aanspreeklikheid ondermyn. Daar word verder beklemtoon dat aanspreeklikheid slegs kan floreer wanneer waardes en etiek deur openbare leierskap en staatsbestuur prakties uitgeleef word.

Palavras-chave : aanspreeklikheid; etiek; openbare; leierskap; staatsbestuur; strategieë waardes.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons