SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número4The formation of Christian leaders: A Wesleyan approachFemale leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in Germany índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VERHOEF, A.H.. Besorgdheid oor die toekoms van skeppingsorde. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.731-749. ISSN 2304-8557.

Die teologiese agtergrond van die idee van 'n skeppingsorde is onontbeerlik vir die reformatoriese tradisie. Volgens hierdie tradisie is die natuurwette die Skepper se wil en daarom word hierdie orde as noodsaaklik beskou. 'n Voortslepende debat binne die reformatoriese tradisie bestaan egter lank reeds ten opsigte van die aard van die skeppingsordening, waarvolgens die oorsprong en status daarvan as skeiding tussen God en die skepping bevraagteken word. Ek gaan in hierdie artikel ondersoek instel na die Trinitariese teologie, spesifiek hoe dié van Robert W. Jenson verband hou met prosesfilosofie en -teologie, asook hoe dit gesamentlik sekere teologiese bekommernise oor die toekoms van 'n skeppingsorde laat ontstaan. Sommige van hierdie kwessies sluit in dat die noodsaaklikheid van 'n skeppingsorde bevraagteken word (die verdwyning van 'n Skepper wat hierdie ordeninge wil); dat orde tydelik is en gedurig verander; en dat die grens tussen God en skepping vervaag. Ek sal sekere besware oor hierdie kwessies opper, maar ek sal ook sekere vrae uitlig wat die reformatoriese tradisie moet beantwoord in terme van hulle begrip van die immanensie van God en van die geïmpliseerde teologiese grondslag van die skeppingsorde. Hierdie vrae is van die uiterste belang vir insig oor die toekoms van 'n skeppingsorde.

Palabras clave : Jenson; Robert W.; prosesfilosofie; skeppingsorde; Trinitariese teologie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons