SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue4Understanding beyond language: Perceiving meaning in realityThe radicalisation of a Swedish ecclesiastical critic of apartheid - Gunnar Helander author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

KOSTOPOULOS, C.. "Om te kan asemhaal": transformerende mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.687-707. ISSN 2304-8557.

Betrokke skryfwerk benadruk 'n tipe verhouding tussen die teks, die werklikheid en die leser en dit veronderstel mimesis. Mimesis is egter 'n oënskynlik uitgediende konsep in die literêre estetika. Daarom is dit noodsaaklik om mimesis konseptueel te rehabiliteer ten einde wesenlike literêre betrokkenheid te kan verreken. Sodanige rehabilitasie kan gedoen word via Paul Ricoeur se teorie van drievoudige mimesis, ook bekend as die mimetiese boog. Die mimetiese boog laat 'n siening van mimesis toe wat nóg estetiese outonomie, nóg estetiese heteronomie privilegeer. Daardeur word die invloedsfeer van kuns in die samelewing behou, sonder dat kuns se eiesoortige doelwitte en karaktertrekke prysgegee word. Die drievoudige mimetiese proses dui gevolglik op 'n transformerende mimesis wat as die moontlikheidsvoorwaarde van literêre betrokkenheid self dien. Die beginsels van transformerende mimesis is op 'n duidelike en insiggewende wyse teenwoordig in die poësie van Antjie Krog. Haar poësie kan derhalwe as eksemplariese-betrokke kuns beskou word.

Keywords : betrokkenheid; estetiese; outonomie; mimesis; Ricoeur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License