SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue4Connected leadership: Jeremiah 8:18-9:3 - a case studyLeadership and power author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SCOTT, C.D.. Begrip verby taal: gewaarwording van betekenis in die werklikheid. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.661-686. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel is 'n poging om 'n teenargument te ontwikkel vir die standpunt dat betekenis ingeperk word deur taal. Deur die argument binne die werklikheidsontologie van Sint Anselmus van Canterbury te plaas, sal geargumenteer word dat taal representasies bevat van entiteite wat buite die waarnemer en ook deur introspeksie waargeneem word. 'n Taalspeletjie kan dus nie 'n geslote sisteem wees sodat deur sy blote bestaan representasies van buite-linguistiese syn daarin vervat is nie. Indien waarheid gedefinieer word as dit wat is, word die taak van die waarnemer bewuswording van syn sonder die wolk wat deur representasie opgelê word. Representasies of simbole is nie dit wat hulle voorstel nie; hulle dien eerder as vensters op dit wat is. In die lig van psigologiese studie oor nadenke word geargumenteer dat ongesimboliseerde oomblikke van aandagtige bewustheid van syn, betekenis na vore laat kom wat nie deur die representatiewe aard van taal (en inderdaad ook ander simboliese stelsels) gefiltreer is nie. Die stelling word gemaak dat in kontemplatiewe (nadenkende) tradisies die syn nie gereduseer word tot gewaarwording nie, en dat die oomblik van betekenis na vore kom in die betrokkenheid by en die ont-moeting met die syn.

Keywords : epistemologie; godsdiens; mistisisme; taal; wysbegeerte.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License