SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número3Some views of Xhosa women regarding the initiation of their sons índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FREEKS, F.E.  y  LOTTER, G.A.. Waardes en die noodsaak van 'n karakteropvoedingsprogram binne kollegeverband in die Noordwesprovinsie: Verkenning en voorlopige voorstelle. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.577-598. ISSN 2304-8557.

Waarde- en karakteropvoeding bevat boustene om n gesonde samelewing in stand te hou. Waarde- en karakteropvoeding het die potensiaal om morele kwessies in die samelewing te han-teer, veral by opvoedingsinstansies soos skole, kolleges en universiteite. Een van die belangrikste doeleindes van waarde- en karakteropvoeding is om studente in staat te stel om die lewe in sy volheid mee te maak. Waarde- en karakteropvoeding sou moontlik kon help om aan die jeug van Suid-Afrika 'n beter lewe en toekoms te bied. Uit die beskikbare literatuur is dit duidelik dat die samelewing 'n krisis ten opsigte van waardes, karakter en moraliteit ervaar. Die vervlakking van menslike en samelewingswaardes - soos weerspieël in die media - het die huidige regering genoodsaak om 'n waarde-opvoedingsprogram in kolleges en ander instansies soos universiteite te begin. Om die waarde-oriëntering van studente in Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) van die Noordwesprovinsie te bepaal, is n empiriese ondersoek gedoen om die opinies oor en bydraes van waarde-opvoeding en karakteropvoeding vas te stel. Verder is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met die studenteraad, die hoof van studente-ondersteuningsdienste, asook 'n beampte van die studente-ondersteuningsdienste.

Palabras clave : karakteropvoeding; karakteropvoedingsprogram; Verdere Onderwys en Opleidingskollege (VVO); waardes.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons