SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue3A neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependentThe role of God in the father/son relationship during identity formation - a Gestalt theoretical perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SIMONS, P.. Risoïedes, tegnisisme en ekonomisme. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.539-557. ISSN 2304-8557.

n Hoogs gedifferensieerde gemeenskap vereis integrasie. Dooyeweerd verwys in hierdie verband onder andere na weten-skappe en tegnologie. Intergemeenskaplike verbindings het n kernrol in hierdie proses, maar word deur tegnisisme en ekonomisme beïnvloed. Risoïedes is groeperings of bepaalde patrone van intergemeenskaplike verhoudings wat aktiwiteite in die samelewing verbind tot die ryk van materiële dinge, plante en diere. n Basiese teo-rie word vir risoïedes verskaf, met spesifieke fokus op tegnies-ekonomiese verhoudings. Hierdie artikel omskryf die elemente waaruit risoïedes bestaan, byvoorbeeld vloeiings, bergings en transformasies. Risoïedes maak dit moontlik om in beginsel alle belangrike ekonomiese neigings, nie-monetêre/geldelike neigings ingesluit, te verreken. Dit is belangrik indien ekonomiese aktiwiteite binne ekologiese beperkings moet plaasvind. Die teenwoordigheid en impak van tegnisisme en ekonomisme kan in die vorm en aktiwiteite van risoïedes onderskei word. ' n Toepassing van die trapmeulprobleem in landbouproduksie vir die wêreldmark word geskets. Dit word opgevolg deur n kort bespreking oor die gees van kapitalisme soos dit in tegnisisme en ekonomisme (die aarde word as n masjien beskou) weerspiëel word. Tegnisisme en ekonomisme veroorsaak n dialektiese beweging wat aanleiding gee tot die ontstaan van kleiner plaaslike risoïedes as alternatiewe vir globale risoïedes. Schuurman se pleidooi vir n paradigmaskuif om die aarde as n tuinstad voor te stel, bied n manier om van sodanige dialektiek te ontsnap.

Keywords : ekonomisme; kapitalisme; landbou; netwerke; risoïedes; tegnisisme.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License