SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue3Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West UniversityA neglected facet of the legacy of D.F. Malherbe: Art - independent and dependent author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SLATER, J.. Jesus se direkte ervarings van God: 'n paradoks in Joodse teologie en deurgang na die menslike ervaring van God. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.479-504. ISSN 2304-8557.

Met die onbekombaarheid van n konsekwent-ooreenstemmend en gesamentlik aanvaarde bybelse definisie van n 'direkte ervaring van God', gee hierdie artikel n uiteensetting van Jesus se direkte ervarings van God die Vader binne die Hebreeuse milieu wat bepaal dat geen mens God van aangesig tot aan-gesig kan sien en bly leef nie (Eks. 33:17-20). n Onmiddellike of direkte ervaring van God is sonder twyfel in die Bybel ge-wortel, maar die aard en begrip daarvan is grootliks die resultaat van filosowe en teoloë se werk binne die konteks van hulle eie wêreldbeskouings. Hierdie artikel maak die stelling dat Jesus wel onmiddellike ervarings van God die Vader gehad het en dat dit funksioneer vanuit die posisie dat 'n direkte ervaring van God 'n wesenseienskap van die menslike werklikheid is. Dit verken die intieme aard en eienskappe van Jesus se onmiddellike ervarings van God die Vader. Dit vind plaas in die lig van die paradoksale godsdienstige oorwegings van die Israeliete (Gen. 32:30; Eks. 33:20) waar God vir Moses sê: 'Vir my kan jy nie sien nie, want geen mens kan vir my sien en bly leef nie.' Maar volgens Genesis 32:30 sê Jakob: 'Ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.' Hierdie paradoks word voortgesit deur Johannes 1:18: 'Niemand het God ooit gesien nie ... .' Dit blyk dat Christene in Paulus se tyd wegbeweeg het van die sodanige Hebreeuse terughoudendheid dat God nie direk ervaar kan word nie. Die artikel poog om 'n paar eienskappe van Jesus se direkte er-varings van die Vader te identifiseer en as n maatstaf te gebruik om die geloofwaardigheid van menslike ervarings van God te meet. In ooreenstemming met die beperking wat geplaas is op die bestek van die artikel, is die omvang van die onderwerp beperk tot wat redelik is binne die grense hiervan.

Keywords : menslike onwaardigheid; onmiddellike/direkte ervaring van God; paním-el-paním (aangesig-tot-aangesig); transendente werklikheid; transformasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License