SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

CONRADIE, E.M.. Kennis te koop? Die impak van 'n verbruikershermeneutiek op studiegewoontes en onderrigpraktyke in hoër onderwys. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.423-446. ISSN 2304-8557.

Die impak van die kommersialisering en korporatisering van hoëronderwysinstellings in 'n geglobaliseerde ekonomie word wyd bespreek in eietydse literatuur, met betrekking tot die etos en bestuur van instellings, navorsing, leer en onderrig. In die sogenaamde kennisindustrie word kennis te koop aangebied. Hierdie artikel lewer 'n bydrae tot hierdie diskoers deur die impak van n verbruikershermeneutiek te ondersoek op grond van Christelike literatuur oor die verbruikerskultuur, met spesi-fieke verwysing na die werk van Vincent Miller in 'Consuming religion' (2003). Die konsep 'verbruikershermeneutiek' hou ver-band met die kommodifisering van kultuur in 'n verbruikersame-lewing. Verbruikers word gedwing, gegewe die oorlading van inligting, om vlakker vorms van aandag te benut as n oor-lewingstrategie. Indien sodanige vlakker aandagvorms op alle kulturele produkte toegepas word, lei dit tot 'n reduksionistiese begrip van kennis. Die impak van sodanige verbruikersherme-neutiek op studiegewoontes en onderrigpraktyke in voor-graadse universiteitsonderrig word op grond hiervan ondersoek. Verskeie moontlikhede om weerstand teen die hegemonie van die verbruikersideologie te bied, word ten slotte genoem.

Palabras clave : hermeneutiek; kennis; universiteitsopvoeding; verbruikerskultuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons