SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 número1Religion in education: Is there yet another solution?A Christian mission of glocal culture within riven societies in God's world índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

WOLTERS, A.. Hoof as metafoor by Paulus. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.137-153. ISSN 2304-8557.

Sedert die 1980s het daar onder Nuwe Testament-wetenskap-likes n debat gewoed oor die betekenis van die Griekse woord "kephalë" ("hoof") in die sendbriewe van Paulus. Sommige we-tenskaplikes verdedig die tradisionele siening dat dit "leier" beteken, terwyl ander argumenteer dat dit verstaan moet word as dat dit "bron" beteken. Een resultaat van hierdie debat is dat dit nou duidelik is dat daar vir sowel die tradisionele as die nuwe interpretasie van "kephalē" weinig ondersteuning te vind is in die algemene Griekse gebruik vóór die Nuwe Testament. Hierdie artikel poog om die debat verder te voer deur aan te toon dat die fenomeen van "semantiese lening" kan verduidelik waarom die betekenis van "bron" effektief beperk is tot een passasie in Herodotus en die betekenis van "leier" slegs gevind word in Griekse werke wat geskryf is deur tweetalige Jode. Die passasie in Herodotus reflekteer waarskynlik 'n semantiese lening van die Oud-Persiese *sar, terwyl verskeie plekke in die Septuagint, Philo, Josephus en Paulus 'n semantiese lening van die Hebreeuse "ro'sh" (of Aramese "re'sh") reflekteer. Aan-gesien laasgenoemde semantiese lening ("hoof", wat "leier" beteken) in die Griekse Bybel ingebed is (sowel in die Septuagint as in Paulus), kan laasgenoemde se outoriteit en prestige verklaar word deur die feit dat die nuwe betekenis van "kephalē", alhoewel onbekend in voorafgaande heidense Griekse geskrifte, geleidelik wydverspreid geraak het in die post-Bybelse Grieks, soos wat die Christendom versprei het.

Palabras clave : Griekse taal; hoof; kephal; Paulus; semantiese lening.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons