SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue1The central place of a life - and worldviewThe struggle around the direction of Western culture author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DU TOIT, J.S.. God is: Kinderbybels en Bybelstorieboeke se uitbeelding van godsdienstige waardes. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.119-135. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek Kinderbybels en Bybelstorieboeke as 'n manier waarop begrippe van God van een geslag na die volgende oorgedra word, aangesien God as sentraal in die uitbeelding van die godsdienstige waardes van die religieuse kollektief beskou kan word. Dit identifiseer sowel die kommersiële as die godsdienstige imperatiewe wat beheer uitoefen oor die bestaande kenmerke wat as tipiese karakteristieke eienskappe van die goddelike uitgebeeld word. Die bevinding is dat hierdie eienskappe goed in pas is met die kommersiële teikengehoor vir Kinderbybels: moeders en vroulike versorgers wat hierdie boeke namens kinders koop en dit vir die kind lees en interpreteer. Hierdie eienskappe kom egter ook ooreen met die voorkeureienskappe wat jong kinders met 'n bonatuurlike wese assosieer. Ten slotte word bevind dat God konsekwent uitgebeeld word in terme van moederlike eienskappe soos liefde, beskerming en sorg. Dit strook nie noodwendig met die ambivalente uitbeelding van God in die volwasse teks nie.

Keywords : godsdienstige vertaling; godsdienstige waardes; Kinderbybels; konsep [begrip van God].

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License