SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue1Reflecting on our past: Reconciling a divided nation through listeningThe central place of a life - and worldview author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

GRIFFIOEN, S.. Die terugkeer van religie. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.77-97. ISSN 2304-8557.

Religie is terug in die Filosofie as 'n waardige onderwerp. In Deel 1 word eerstens uitgestip wat MacIntyre, Taylor en Derrida in hierdie verband bedoel. Daarna word na die Verligting gekyk om te bepaal wat die deurbraak moontlik gemaak het. Die bevinding is dat, selfs waar die Verligting heeltemal plek gemaak het vir religie (as 'n siviele religie en as religie van die hart), dit steeds 'n wesenlike verband met 'n transendentele openbaring uitgesluit het. Deel 2 sentreer rondom die religie-geloofsonderskeid in reformatoriese filosofie. Ooreenkomstig met die Verligting, word religie as deel van die menslike natuur verstaan. Menslike natuur word egter op sigself verstaan as wesenlik religieus en afhanklik van openbaring vir sy lig. Tweedens omvat "religie" in hierdie konteks ook afgode en religieuse plaasvervangers. Dit vestig dus die aandag op winkelarkades, voetbalstadions, gesondheidsbeleid, ensovoorts as moontlike kontekste van 'n terugkeer van religie. Uit voorbeelde kan gesien word dat hierdie 'n populêre benadering geword het. Die meeste van die publikasies wat ondersoek is, versuim egter om tussen 'n "analogiese" en 'n "pisties-gekwalifiseerde" gebruik van religie te onderskei en is oop vir oordrywing (bv. die winkelarkade en voetbalstadions as tempels). By hierdie kruispunt word op die relevansie van die religie-geloofsonderskeid gewys, sowel as op Elaine Botha se metafoorteorie. Die epiloog bied 'n integrasie van dele een en twee.

Keywords : afgod; geloof; religie; Verligting; wêreldbeskouing.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License