SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue1B.J. van der Walt's concentration problemProfessor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black Africans author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DERKSEN, L.D.. Opvoeding vir vroue: 'n besinning oor die filosofiese kwessies in gesprek met Martha Nussbaum. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.59-75. ISSN 2304-8557.

Die opvoeding van vroue word in sommige lande as onnodig beskou, onwenslik of in stryd met godsdienstige beginsels. Hierteenoor argumenteer Martha Nussbaum dat opvoeding 'n belangrike en goeie waarde op sigself is. Dit is een van die bekwaamhede wat vroue benodig om 'n vervulde lewe te lei. Volgens Nussbaum is opvoeding 'n universele waarde. Daar-teenoor betoog sommige pluraliste dat die beskouing van opvoeding as universele waarde in werklikheid neerkom op die afdwinging van 'n westerse kulturele waarde op ander kulture. Volgens hulle mag dit nie gebeur nie. Nussbaum is dit hiermee eens en betoog dat ander kulture gerespekteer behoort te word en dat dit nie haar bedoeling is om waardes op hulle af te dwing nie. In hierdie artikel toon ek aan hoe Nussbaum probeer om haar universalisme (opvoeding as universele waarde) te versoen met die pluralistiese respek vir die keuses wat in ander kulture gemaak word. Eers word Nussbaum se siening van opvoeding as bekwaamheid ("capability") beskryf. Daarna kom drie argumente aan die beurt aan die hand waarvan Nussbaum die kloof tussen universalisme en pluralisme, sowel as haar opvattings oor konteks en praktiese oordeel, probeer oorbrug. Ten slotte word argumenteer dat Nussbaum 'n betekenisvolle bydrae tot die universalisme-pluralisme debat gelewer het, maar dat hierdie twee posisies nogtans nie heeltemal versoen is nie.

Keywords : godsdiensvryheid; Nussbaum; Martha; opvoeding vir vroue; universalisme en pluralisme.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License