SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue1B.J. van der Walt's concentration problem author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, D.F.M.. Metafoor: Die verstrengeling van gedagtes en taal. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.11-31. ISSN 2304-8557.

Die ontleding van hierdie artikel is gerig op die aard van meta-fore binne die konteks van taal en denke - geïnspireer deur die bydraes van Elaine Botha oor hierdie problematiek wat sowat dertig jaar gelede begin het. Dit het die weg gebaan vir diegene wat binne die reformatories-wysgerige tradisie werk om met nuwe oë na metafore te kyk. Aangesien denke en taalgebruik konkrete aktiwiteite is wat in beginsel in alle werklikheidsaspekte funksioneer, kan dit as sodanig nie maatstawwe bied met behulp waarvan die orde-relasie tussen die logies-analitiese en die linguale aspekte van die werklikheid bepaal kan word nie. Dit blyk dat rekenskap van die aard van 'n metafoor nie op 'n konsistente wyse gegee kan word, sonder 'n verantwoorde siening van die verskille tussen 'n begrip en 'n woord nie. Universele trekke, logiese objektivering, begripskennis, en die begripsmatige onkenbaarheid van wat individueel is, verskyn ook in die artikel. Die funderende rol van ruimteverhoudings skyn verbind te wees aan beeldvorming en verbeelding, wat die voorstel ondersteun om tussen modaal- en entiteitsgerigte kennis te differensieer. Dit was egter die sogenaamde linguistieke ommeswaai wat her-nude belangstelling in taal en in die sentrale plek van meta-foriese taalgebruik geïnspireer het. Deur te let op die verband tussen analogie en metafoor word 'n nuwe benadering tot die onderskeid tussen modale analogieë en metafore voorgestel -een wat gerig is op die verbindingslyne tussen die verskillende dimensies van die werklikheid. Die laaste gedeelte word gewy aan Lakoff en Johnson (1999) wat 'n besondere siening van die "embodied mind", "conceptual metaphor", en "cross-domain mappings" ontwikkel het, terwyl afgesluit word met 'n argument insake die grense van substitusie en die verdiskontering van meer uitgebreide kondisies.

Keywords : analogieë; begrip; begripsmetafoor; denke; metafoor; taal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License