SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número4Critical prophecy and political leadership in biblical, African and Islamic worldviewsThe Spirit and secularisation índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

COMPION, J.; VAN DER WALT, J.L.; STEYN, H.J.  e  WOLHUTER, C.C.. Lewens- en werklikheidsvisie: ontwikkeling en transformasie -'n gevallestudie oor die Lamba woonagtig in die Masaiti-streek van Zambië. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.811-832. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel berig oor 'n gevallestudie aangaande die ontwikkeling en die onderwyskundige transformasie van 'n subgroep van die Lamba, woonagtig in die Masaiti-streek van die Koperbeltprovinsie van Zambië. Die Foundation for Cross-Cultural Education in Zambië (FCE) is reeds die afgelope dertien jaar werksaam onder die mense in hierdie gebied. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die huidige lewens- en werklikheidsvisie van 'n gemeenskap soos dié van die Masaiti-streek getransformeer sal kan word tot 'n ware Christus-gesentreerde lewens- en werklikheidsvisie. Dit kan gedoen word deur eerstens in ag te neem hoe die gemeenskap homself tans tot uitdrukking bring in terme van elkeen van die universaliteite of komponente van 'n lewens- en werklikheidsvisie, en tweedens deur elkeen van hierdie universaliteite of komponente te onderwerp aan 'n proses van lewens- en werklikheidsbeskouings-transformasie. Daar is ook tot die gevolgtrekking gekom dat lewens- en werklikheidsvisietransformasie beskou moet word as 'n voorvereiste vir die ontwikkelingstransformasie van sodanige gemeenskappe.

Palavras-chave : filosofie; persoonlike lewens- en wêreldbeskouing onderwys; Christus-gesentreerd transformasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons