SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue4Critical prophecy and political leadership in biblical, African and Islamic worldviewsThe Spirit and secularisation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

COMPION, J.; VAN DER WALT, J.L.; STEYN, H.J.  and  WOLHUTER, C.C.. Lewens- en werklikheidsvisie: ontwikkeling en transformasie -'n gevallestudie oor die Lamba woonagtig in die Masaiti-streek van Zambië. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp. 811-832. ISSN 0023-270X.

Hierdie artikel berig oor 'n gevallestudie aangaande die ontwikkeling en die onderwyskundige transformasie van 'n subgroep van die Lamba, woonagtig in die Masaiti-streek van die Koperbeltprovinsie van Zambië. Die Foundation for Cross-Cultural Education in Zambië (FCE) is reeds die afgelope dertien jaar werksaam onder die mense in hierdie gebied. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die huidige lewens- en werklikheidsvisie van 'n gemeenskap soos dié van die Masaiti-streek getransformeer sal kan word tot 'n ware Christus-gesentreerde lewens- en werklikheidsvisie. Dit kan gedoen word deur eerstens in ag te neem hoe die gemeenskap homself tans tot uitdrukking bring in terme van elkeen van die universaliteite of komponente van 'n lewens- en werklikheidsvisie, en tweedens deur elkeen van hierdie universaliteite of komponente te onderwerp aan 'n proses van lewens- en werklikheidsbeskouings-transformasie. Daar is ook tot die gevolgtrekking gekom dat lewens- en werklikheidsvisietransformasie beskou moet word as 'n voorvereiste vir die ontwikkelingstransformasie van sodanige gemeenskappe.

Keywords : filosofie; persoonlike lewens- en wêreldbeskouing onderwys; Christus-gesentreerd transformasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License