SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número4The changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflictsLife- and worldview: Development and transformation - the case of the Lamba of the Masaiti region in Zambia índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

ABIOJE, P.O.. Kritiese profesie en politiese leierskap in bybelse, Afrika en Islamitiese wêreldbeskouings. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.787-810. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek die sosio-politieke invloed van profesie vanuit tradisionele Afrika- en bybelse perspektiewe ten einde kontemporêre Afrika-gelowiges uit te daag om as die gemeenskap se gewete te dien. Daar bestaan byna geen twyfel nie dat politieke leiers geneig is om hulle posisies te misbruik en hulle behoort mondelings sowel as skriftelik tereggewys te word. 'n Bespreking oor Islam word ingesluit, aangesien dit tot 'n groot mate, tesame met Christenskap, die sosio-politieke en ekonomiese leierskap in Afrika domineer. Dit is die uitgangspunt van menige navorsers dat sowel Christenskap as Islam oor die algemeen nie effektief in Afrika-politiek toegepas word om 'n massa-impak op sosio-politiese en ekonomiese welstand te hê nie, alhoewel sommige individuele heroïse geleenthede wel raakgesien word. Die materiaal is hoofsaaklik deur 'n literatuursoektog ingesamel. Hierdie artikel is vergelykend in die sin dat dit profesie in tradisionele Afrika vergelyk met dit wat oor die algemeen in die Bybel te vind is, sowel as met die kerk soos dit vandag daar uitsien. Die artikel stel kritiese profesie in die twee dominante gelowe van die Ou Testament, naamlik Islam en Christenskap sowel as in tradisionele Afrika-godsdiens voor, ten einde politieke leierskap en ontwikkeling in Afrika te verbeter.

Palabras clave : Afrika tradisionele godsdiens; Christenskap; Islam; leierskap profesie; kritiese waarsêery.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons