SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número4The value of values: A Christian-philosophical reflection on the nature and directional power of valuesThe changing face of American compassion: Ethnicity, religion, and worldview conflicts índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

SIMONS, P.. Ekonomisme. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.751-768. ISSN 2304-8557.

Die moderne samelewing word nie alleen gekenmerk deur 'n fassinasie met wetenskaplike tegnologie as middel om alle probleme, veral dié wat in die pad staan van materiële vooruitgang (tegnisisme), op te los nie, maar ook deur 'n obsessiewe belangstelling in alles wat te make het met geld (ekonomisme of mammonisme). Hierdie artikel bespreek die verhouding tussen tegnisisme en ekonomisme, gegrond op albei se verhouding tot die nuttigheidsdenke: die soektog na die grootste geluk vir die grootste hoeveelheid mense. 'n Onlangse studie van neo-liberalisme (gesien as 'n versterking van die nuttigheidsleer) deur Laval en Dardot, word as verwysing gebruik vir die ontwikkeling van die nuttigheidsleer. Dit word beweerdat die westerse beskouing van die wêreld met 'n nuttigheidsetiek soos geopenbaar in die ekonomisme en tegnisisme, deur drie verab-soluterings gekenmerk word, naamlik van teoretiese, tegnologiese en ekonomiese denke. In 'n tweede gedeelte bou die artikel op die raamwerk van die reformatoriese filosofie omn benadering aan die hand te doen wat in beginsel nie geskaad word deur sodanige verabsolutering nie.

Palabras clave : ekonomisme; neo-liberalisme; nuttigheidsleer; tegnisisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons