SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue4Economism author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. Die waarde van waardes: 'n Christelik-filosofiese besinning oor die aard en rigtinggewende gesag van waardes. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.4, pp.709-749. ISSN 2304-8557.

Om die rigtingkrisis in die moderne kultuur te verlig, is dit deesdae populêr om sekere waardes vir 'n organisasie, instelling of bedryf te formuleer. Gewoonlik word as vanselfsprekend aanvaar dat dit duidelik is wat met die begrip "waarde" bedoel word. Selfs indien dit wel verduidelik word, geskied dit gewoonlik in vae terme. Vir filosofies-geskoolde mense is so 'n situasie onbevredigend en problematies. Die bedoeling van hierdie artikel is dus om vanuit 'n christelik-filosofiese perspektief duidelikheid te bereik aangaande die vraag van wat die plek, aard en gesag van waardes is. In 'n vorige bydrae in hierdie tydskrif oor die waardestelsel van die Noordwes-Universiteit (NWU) kon hierdie probleem nie bevredigend opgelos word nie, aangesien dit nie op die teoreties-filosofiese nie, maar op praktiese probleme gefokus was. Om die bydrae van reformatoriese visies op waardes te waardeer, begin die ondersoek met 'n kort oorsig oor die geskiedenis van die westerse filosofie. Dit is belangrik, omdat reformatoriese denkers in reaksie daarop hulle eie visies formuleer en hulle bydraes beter verstaan kan word. Dan volg 'n kort beskrywing van die sistematiese filosofie van D.H. Th. Vollenhoven met die oog daarop om die plek van waardes in 'n mens se totale werklikheidsvisie te bepaal. Die derde gedeelte, wat handel oor H.G. Stoker se visie op waardes, bring meer duidelikheid oor die aard en gesag van waardes. 'n Ondersoek na die standpunte van J.P.A. Mekkes, J. Olthuis, S. Fowler, J.J. Venter en D.F.M. Strauss bring nog verdere verheldering en maak dit moontlik om n aantal stellings oor waardes te formuleer, wat moontlik die hedendaagse verwarring rondom waardes, ook by die NWU, kan help opklaar. Aangesien algemene waardes nie werklik voldoende normatiewe rigting vir multikulturele en multireligieuse instellings kan aandui nie, besin die laaste gedeelte van die artikel oor 'n alternatiewe manier waarop die probleme van die NWU, asook ander organisasies en instellings wat 'n verskeidenheid standpunte moet akkommodeer, moontlik opge-los kan word. 'n Kort terugblik sluit die ondersoek af.

Keywords : konfessionele pluralisme; Noordwes-Universiteit; waarde-onderrig; waardefilosofie; waardes.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License