SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número3Female leaders in an international evangelical mission organisation: An empirical study of Youth With A Mission in GermanyWhen western leadership models become a mixed blessing índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

HUGO, C.J.. Dialogiese onderhandeling as instrument vir die versoening van konflik in die hande van Christenleiers. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.613-630. ISSN 2304-8557.

Suid-Afrika is 'n land waarin die samelewing diep verdeeld was as gevolg van apartheid. Met die aanbreek van die nuwe demokrasie moet die samelewing steeds probleme konfronteer soos geweld, konflik, etniese verskille, massa-aksies en armoede. Christelike leiers het 'n behoefte aan konflikhantering. Konflikhantering as deel van interpersoonlike dinamika in organisasies inkorporeer onderhandeling as 'n metode van konflikoplossing. Verskillende benaderings tot konflikoplossing dra by tot hierdie benadering: dwang, vermyding, akkommodering, kompromie en samewerking. Christelike leiers verkies egter om versoening as metode van konflikhantering te gebruik. 'n Christelike benadering tot konflik moet die eksistensiële aspek van konflik deeglik verreken. Voorbeelde van konflikhantering waarin versoening 'n rol speel, is Dreyer se siening van versoening as 'n dilemma vir vergifnis, asook Kistner wat die gebruik van narratiewe in plaas van lewensgetroue stories in die Waarheids-en-versoenings-kommissie ondersoek. Dit het gelei tot die vermindering van die ernstige aard van trauma. Die sosiale konstruksie van trauma in "Mamelodi" deur Brigid Hess, wat 'n skuif weg van vergifnis na 'n lewenstog met die aanstigters van die trauma verteenwoordig en die oortuiging van Desmond Tutu dat genesing deur die ubuntu-filosofie bewerkstellig word, word hier geëvalueer as teenproduktief vir versoening. 'n Benadering wat gebaseer is op die integrasie van 'n Bybelse benadering tot versoening en die gebruik van dialoog word hier vir Christelike leiers voorgestel. Hierdie bydrae is vanuit die Praktiese Teologie, met Pastorale Berading as fokus.

Palavras-chave : bedoelde dialoog; dialogiese ondersoek; diepgewortelde konflik; ubuntu; versoening.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons