SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New TestamentThe formation of Christian leaders: A Wesleyan approach author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

KESSLER, V.. Leierskap en mag. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.527-550. ISSN 2304-8557.

Leierskap sonder mag bestaan nie. Daarom moet ons op mag reflekteer om sodoende 'n teoretiese grondslag vir verantwoordelike leierskap te lê. Hierdie interdissiplinêre artikel weerspieël insigte vanuit die vakgebiede van teologie, sosiologie en multi-kulturele bestuur. Dit verskaf 'n bondige opsomming van dít wat 'n Christenleier behoort te weet oor mag om daardeur sy/haar mag toepaslik te kan gebruik. Die teologiese refleksie herinner aan die feit dat, volgens die Judeo-Christelike tradisie, God mag aan die mensdom gegee het (Guardini, 1998). Twee teenstrydige gevare word in hierdie artikel bespreek, naamlik die misbruik van mag aan die een kant, en aan die ander kant die wanpersepsie van magteloosheid as 'n Christelike deug. Die sosiologiese gedeelte beskryf verskillende vorms van mag. Deur Franch en Raven (1960) na te volg, word sewe magsbasisse voorgestel wat met voorbeelde uit die gemeenskap en die kerk toegelig word. Die daaropvolgende gedeelte beskryf die verskillende kulturele persepsies van mag. Dit toon hoe die kulturele parameter van magsafstand die toepaslike leierskapstyl kan beïnvloed (Hofstede & Hofstede, 2005). Dit word gekonstateer dat 'n mens se begrip van die korrekte of verkeerde gebruik van mag sterk beïnvloed word deur die kultuur waarin ons grootgeword het. Die artikel eindig met 'n lys etiese riglyne oor die gebruik van mag deur verantwoordelike Christenleiers.

Keywords : interkulturele leiding; leierskapetiek; magsbasisse; magsmisbruik.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License