SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue3When the second man takes the lead: Reflections on Joseph Barnabas and Paul of Tarsus and their relationship in the New Testament author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

WESSELS, W.J.. In-kontakleierskap: Jeremia 8:18-9:3 - 'n gevallestudie. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.3, pp.483-501. ISSN 2304-8557.

Die doel van hierdie artikel is om die kwessie van in-kontakleierskap te bespreek. Die teksgedeelte Jeremia 8:18-9:3 word as vertrekpunt geneem. Die fokus vir bespreking word beperk tot in-kontakkommunikasie en aangeleenthede wat daarmee verband hou. Die argument wat aangevoer word, is dat die retoriese karakter van die teks die vermoë het om oor geslagte heen lesers te raak en betrokke te kry. Die poëtiese aard van Jeremia 8:18-9:3 bevat nie net die woorde van 'n profeet uit die verlede nie, maar die retoriek slaag daarin om die passie van die profeet en van Jahwe vir 'n gekwesde en gebroke volk van Juda oor te dra. Hiermee saam gaan die oortuiging in die Christelike tradisie dat tekswoorde nuwe betekenis kry in nuwe kontekste. Jeremia 8:18-9:3 is van so 'n aard dat leiers daarvan kennis moet neem, veral godsdienstige- en Christenleiers. Leiers moet verantwoording doen aan 'n "hoër mag" en etiese vereistes vanweë hulle verbintenis aan hierdie "hoër mag". Jeremia het hom as leier met die betreurenswaardige omstandighede van sy mense geïdentifiseer. Hy het sy volksgenote gekonfronteer oor hulle verkeerde dade omdat sy verbintenis aan Jahwe by hom die hoogste prioriteit geniet het. Hy was nie bereid om sy oortuigings en opvattings prys te gee ter wille van gewildheid nie.

Keywords : in-kontakleierskap; retoriek; verbondsvoorskrifte.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License