SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número2A consumer perspective on food labelling: Ethical or not? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

SCHULZE, S.. Die mentor van navorsers om selfdoeltreffendheid te ontwikkel, met besondere verwysing na voorheen-benadeelde individue. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.2, pp.429-451. ISSN 2304-8557.

Dit is noodsaaklik om onervare navorsers te help ontwikkel om produktief te wees. Baie voorheen-benadeelde individue toon 'n gebrek aan selfdoeltreffendheid ten opsigte van navorsing. Hierdie artikel ondersoek hoe hulle gementor kan word om hulle navorsingselfdoeltreffendheid te verhoog. Die studie word begrond deur die teorie van selfdoeltreffendheid - 'n aspek van die sosiaal-kognitiewe teorie. Insigte wat uit n diepgaande studie van sosiaal-kognitiewe teorie verkry is, uit die selfdoeltreffendheidsteorie en mentorskap, asook uit 'n voltooide mentorprojek, het gelei tot die formulering van drie basiese beginsels. Eerstens behoort instellings 'n ondersteunende omgewing te skep wat selfdoeltreffendheid in navorsing bevorder. Dit impliseer 'n ondersteunende en effektiewe kollektiewe stelsel. Die moontlike effek van prestasie-evaluering- en beloningstelsels moet ook in ag geneem word. Tweedens behoort mentorprojekte geleenthede te skep vir jong navorsers om op grond van geskikte aksies suksesvol te leer. Protégés moet dus in werklike navorsingsprojekte in klein groepies betrek word. Terselfdertyd moet die mentor vaardigheidsontwikkeling fasiliteer deur afrigting ("coaching") en aanmoediging. Mentors moet protégés derdens ondersteun om te glo in hulle eie vermoëns dat hulle suksesvol navorsing kan doen. Dit impliseer die fasilitering van positiewe emosionele toestande, die stimulering van selfrefleksie en n vergelyking met ander in die groep, positiewe evaluerende terugvoer en om n intensionele rolmodel te wees.

Palavras-chave : mentor protégés selfdoeltreffendheid; navorsing selfdoeltreffendheid; teorie sosiaal kognitiewe teorie voorheen-benadeelde individue.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons