SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número1Traces of neo-Calvinism in France and ItalyHermeneia: A theological discourse on hermeneutical issues with three South African theologians índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN BELLE, H.A.. Reflektering op 'n Christelike uitkyk op menslike kommunikasie. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.1, pp.173-188. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel definieer menslike kommunikasie as gemeenskapsopbouing en beskryf verskeie funksies van kommunikasie. Daar word geargumenteer dat 'n aantal ander menslike aktiwiteite in kommunikasie vooronderstel word waarsonder kommunikasie nie moontlik sou wees nie. Hierdie aktiwiteite is inherente funksies. Gemeenskapsopbouing word beskryf as die outentieke funksie van kommunikasie. Daarsonder sou kommunikasie nie kon wees wat dit is nie. Laastens is daar ook verskeie sosiale aktiwiteite wat van kommunikasie afhanklik is vir hulle voortbestaan. Dit is waarvoor kommunikasie daar is. Sodanige funksies vorm die adherente funksies van kommunikasie. Vervolgens beskryf die artikel 'n stel norme of kriteria om goeie kommunikasie van slegte kommunikasie te onderskei. Daarna volg 'n verduideliking van sommige van die kommunikasiemodelle wat in die literatuur gevind kan word. Dit is egter nie volledige beskrywings van werklike menslike kommunikasie nie. 'n Paar van hierdie modelle reduseer kommunikasie tot een of meer van die inherente funksies van kommunikasie. Een erken die outentieke funksie, maar geeneen laat reg geskied aan die adherente funksies van kommunikasie nie. Verder beskryf en evalueer die artikel kortliks massamediakommunikasie. As gevolg van die monologiese aard van hierdie kommunikasie kan slegs eenrigtingboodskappe vanaf die sender na die ontvanger gestuur word. Dus word 'n onregverdige voordeel aan die sender verleen ten opsigte van die beïnvloeding van die ontvanger. Dialogiese kommunikasie dien as oplossing vir die genoemde probleem en word daarom verkies, omdat hiermee die invloed tussen sender en ontvanger wedersyds gelyk is. Hierdie model hou egter nie rekening met die invloed daarvan op' n derde party wat nie direk by die dialogiese verhouding betrokke is nie. Hierdie artikel verkies dus wat genoem word 'n triologiese vorm van kommunikasie. Ten slotte beskryf die artikel kortliks sosiale netwerking as die mees onlangste vorm van menslike kommunikasie.

Palabras clave : dialogue; gemeenskapsbou; kommunikasiemodelle; monoloog; sosiale netwerking.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons