SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue1The struggle around the direction of Western cultureTowards authentic development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SEERVELD, C.G.. 'n Christelike missie van glokale kuituur binne gebroke samelewings in God se wêreld. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.1, pp.115-134. ISSN 2304-8557.

Globalisering blyk 'n onverbiddelike krag te wees wat wêreldkulture homogeniseer tot dieselfde formaat. Huntington se welbekende hipotese voorspel 'n botsing tussen die Westerse Christelike beskawing en die res van die wêreld. Hierdie artikel argumenteer teen die siening van Huntington dat beskaafde kulture met verskillende identiteite vergelykbare strukturele eienskappe besit. Omdat teenoorstaande kulture menslike samestellings is, met goeie en slegte eienskappe, kan hulle, soos 'n familie, by mekaar leer en mekaar reghelp, eerder as om mekaar te benadeel. Dit word hier gestel dat die diepste vyandigheid wat die wêreld bedreig nie dié van die Christelike Weste teen die res is nie, maar grootliks die stryd tussen twee tiranniese ideologieë is, naamlik post-Christelike kapitalistiese sekularisme en 'n teokratiese fundamentalisme. 'n Bybels-Christelike missie van glokale kultuurvorming (globale bewustheid en lokale aksie) word aangebied as 'n alternatiewe visie vir hierdie verslegtende dilemma. Die Bybels-gefundeerde diakonale manier om bevrydend besig te wees met die bewaring van kuturele aktiwiteite, bied konkrete hoop. Die lewenstaak van Bennie van der Walt word as voorbeeld hiervan voorgehou en 'n paar voorbeelde van glokale kuns voorsien die bewyse dat sodanige Christelike missie woorde sowel as dade kan wees.

Keywords : Christelike kulturele missie; diakonale kunswerk; globalisering; glokale kultuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License