SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 issue1Professor Bennie van der Walt: A bridge between white Afrikaners and black AfricansReligion in education: Is there yet another solution? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, D.F.M.. Die sentrale plek van 'n lewensen wêreldbeskouing. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.1, pp.53-77. ISSN 2304-8557.

Met inagneming van die verskil tussen 'n wereldbeeld en 'n lewens- en wêreldbeskouing, fokus hierdie artikel op die belangrike funderende rol van 'n lewens- en wêreldbeskouing -juis aangesien professor Bennie van der Walt soveel aandag gegee het in sy publikokasies aan die implikasies van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing. In laasgenoemde vind ons 'n belangrike steunpilaar waardeur ons gevrywaar word van 'n biblisistiese (of fundamentalistiese) misverstaan van die appèl van die Skrifboodskap. God se wet-Woord vir skepselwees moet onderskei word van die Skrif-Woord wat ons na eersgenoemde verwys. 'n Belangrike vrug van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing vind ons juis in die ideaal van Christelike wetenskap - 'n tema waarmee professor Bennie van der Walt hom deurlopend besig gehou het. Omdat die nalewende Roomse tweedeling van die werklikheid - in n gewyde bonatuurlike en 'n natuurlik-"sekulêre" sfeer - met die daarmee gepaardgaande teenstellings (soos kerk en wêreld, geloof en rede, sakraal en sekulêr, siel en liggaam, e.s.m.) - steeds in ons protestantse erfenis aanwesig is, fokus die res van hierdie artikel op 'n perspektief waarin hierdie tweedeling te bowe gekom kan word. Die grondgedagte is dat die rigting-teenstelling tussen goed en kwaad (verlossing en sonde) nie verdraai moet word tot 'n struktuur-teenstelling binne die goedgeskape orde van God se skepping nie.

Keywords : Calvinisme; Humanisme lewensbeskouing; Roomskatolisisme skepping; eenheid en goedheid van; struktuur en rigting; onderskeidenheid van; twee-terreineleer.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License