SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue4Language and church unity: Calvin's 1545 Catechism in Latin author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

JANSE VAN RENSBURG, J.  and  HOFFMAN, L.. Kan Calvyn 'n goue draad voorsien in die doolhof van beskikbare kategismusse in die kerk vandag?. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp. 781-799. ISSN 0023-270X.

'n Gemeente kan maklik verdwaal in die doolhof van kategesesillabusse wat vandag vir opvoedkundige bediening beskikbaar is. Dit was Calvyn se wens dat kerke een gemeenskaplike kategismus gebruik. Hy het egter toegegee dat verskillende kerke tog verskillende kategismusse kon ontwikkel. Hy het ook gewaarsku dat die krag van kategese oor die potensiaal beskik om die kerk in die volgende dekades te beïnvloed. Die liggaam van Christus kan versterk of gewond word deur kategese. Kan 'n goue draad vanuit Calvyn se kategismus afgelei word waarmee die doolhof van kategesemateriaal vandag genavigeer word? Verskillende kategesemodelle wat tans beskikbaar is, word kortliks bespreek. Die ooreenkomste en verskille met Calvyn se benadering tot kategese word uitgelig. Ten slotte word riglyne vir huidige kategese gestel.

Keywords : Calvyn; Christelike opvoeding; kategese; kategismus.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License