SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

FICK, P.H.  and  KOTZEE, D.. Taal en kerkeenheid: Calvyn se 1545-Kategismus in Latyn. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.765-779. ISSN 2304-8557.

In 1545 het Calvyn 'n kategismus geskryf. Hy verdedig die feit dat hy dit in Latyn gedoen het soos volg: "Ek is van oordeel dat dit nuttig is dat 'n openlike getuienis na vore kom, waardeur die kerke wat andersins oor lang afstande van mekaar geskei is en tog in Christus 'n eenstemmige leer het, mekaar kan herken." Hoewel hy gedurig uit Rooms-Katolieke oord van kerkskeuring beskuldig is, was sy ekumeniese ingesteldheid bo verdenking. Hy het elke geleentheid aangegryp om die sondigheid van afskeiding van 'n kerk wat die merktekens van 'n ware kerk vertoon, te beklemtoon. Teen die tyd van die Reformasie is Latyn nie meer as 'n "heilige taal" beskou nie, maar eerder as 'n rolmodel vir ander tale. Hoewel die hervormers in toenemende mate die gebruik van die moedertaal vir godsdiensoefening aangemoedig het, het hulle steeds Latyn in hulle korrespondensie met mekaar en in ander geskrifte gebruik. Dit word ook weerspieël in die boekdrukkuns: werke in die verskeie moedertale én in Latyn is gedruk en versprei. Calvyn se "Kategismus" van 1545 in Latyn is spoedig in verskeie tale vertaal - ook in Grieks en Hebreeus. Daarmee het hy sy doel bereik om die eenheid van geloof tussen die reformatoriese kerke te bevorder. Hierdie kerkhistoriese dokument in Latyn verkry sodoende 'n besondere status: 'n simbool van Calvyn se hoop op kerkeenheid.

Keywords : Calvyn; kategismus; kerkeenheid; Latyn.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License