SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número4A comparison between Calvin's Catechism of 1545 and the Heidelberg Catechism on their exposition of the Lord's PrayerLanguage and church unity: Calvin's 1545 Catechism in Latin índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

D'ASSONVILLE, V.E.. Sacrum suum verbum - aspekte van Calvyn se Skrifbeskouing in sy Kategismus van 1545. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp. 731-764. ISSN 0023-270X.

Die opvolging van geestestrominge ná die Reformasie het grondverskuiwings in Skrifbeskouing tot gevolg gehad wat tot in ons tyd van deurslaggewende betekenis in die teologie is -uiteraard met noodwendige konsekwensies vir prediking en kategese. Hierin het Semler se boek "Abhandlung von freier Untersuchung des Canon" (1771-1775) met sy aandrang op 'n skeiding tussen Skrif en Woord 'n verreikende rol gespeel. Teen hierdie agtergrond en terwyl die Skrifleer in Calvyn se Kategismus (1545) - in teenstelling met byvoorbeeld sy "Institusie" - nog nie ondersoek is nie, gaan hierdie artikel in op die vraag oor gesag in die kategese. Spesifiek vir die tema "Calvyn as kategeet" is hierdie vraag belangrik in die lig van die sentrale plek wat katkisasie in Calvyn se dienswerk en sy beklemtoning van die Woordbediening ingeneem het. Die ondersoek het besondere resultate opgelewer. Calvyn gaan dinamies met die Skrif om. Wanneer hy 'n gesagsaanspraak maak, verwys hy met die begrip "Woord" implisiet na die Skrif, en terselfdertyd verbind hy dit direk met die openbaring in Christus. Deur te verwys na dit wat "vasstaan uit die Woord", lig hy die Skrif se primaat in die gesagsvraag uit. Die hele Skrif word as die Woord van God geag en geld vir die (hele) kerk as sodanig. "Sola Scriptura" kan dus nie van "tota Scriptura" of "una Scriptura" losgemaak word nie. Die Skrif geld volgens Calvyn in sy Kategismus as voldoende gesaghebbende begronding vir teologiese en belydenisuitsprake. Veral die binding tussen die Woord en die Gees het hier prinsipiële betekenis. Dit bring mee dat die Skrifleer nie slegs van bibliologiese belang nie, maar dat dit benewens ander teologiese ook christologiese, pneumatologiese en soteriologiese implikasies het.

Palavras-chave : Calvyn; Geneefse Kategismus; Katkisasie; Skrifbeskouing; Skrifleer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License