SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

SCHULZE, L.F.. Die Kategismus van Calvyn (1545) en dié van Perkins (1590) - enkele vergelykings. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.701-712. ISSN 2304-8557.

'n Vergelyking van Calvyn se Geneefse Kategismus (1545) met die Kategismus van Perkins, "The foundation of Christian religion" (1590), toon opvallende verskille. Die verskille kan nie uit 'n anti-Calvynse vertrekpunt van Perkins verklaar word nie. Inteendeel, Perkins het homself as navolger van Calvyn gesien. Dit hou in dat daar teen die einde van die sestiende eeu 'n verskuiwing binne die leer van die Calvinistiese tradisie plaasgevind het. 'n Vergelyking van die twee kategismusse word hier gebruik om die verskil aan te toon. By wyse van inleiding word eers vergelykenderwys gekyk na die teikenlesers en vervolgens na die inhoud van elke werk. Met die Reformasie se swaar aksent op die "sola fide" in gedagte word op 'n vergelyking van geloof in elke kategismus gekonsentreer.

Keywords : Calvyn; geloof; Geneefse Kategismus; kategismus; kennis; Perkins; Reformasie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License