SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN ALTEN, H.H.. Die belang van onderrig in die beginfase van die kerk: Johannes Calvyn as kategeet in sy kommentaar op die Handelinge van die apostels. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.661-682. ISSN 2304-8557.

Deel van Calvyn se ontwikkeling as kategeet is sy stryd teen die Roomse sakrament van die vormsel (confirmatio; "Inst." 4.19.4-13). Laasgenoemde word deur Rome as noodsaaklike aanvulling by die doop beskou. Vir Calvyn is hierdie sakrament egter 'n mensgemaakte ritueel wat nie as die Skriftuurlike Complement tot die doop kan funksioneer nie. Vir Calvyn is kategese die mees Skriftuurlike komplement tot die doop. In die doop ontvang die dopeling immers Christus en al sy beloftes. Hierop is geen aanvulling nodig nie en die dopeling is daarom ook nie 'n halwe Christen sonder die vormsel nie ("Inst." 4.19.8). Wat wel nodig is, is dat die dopeling Christus en sy beloftes sal leer ken en glo. Daarvoor is kategese (Christelike onderwys) nodig waardeur kinders en jongelinge tot rekenskap van hulle geloof voor die kerk kan kom ("Inst." 4.19.13). Sowel Calvyn se stryd teen die Roomse vormsel, as sy gepaardgaande beklemtoning van die Christelike onderwys word op verskeie plekke in sy kommentaar op die Handelinge van die apostels breedvoerig bespreek. Veral op twee plekke (Hand. 8:15-17 en 19:6) kritiseer hy die Roomse vormsel as 'n versinsel van mense. Daarteenoor beklemtoon Calvyn op verskeie plekke in sy kommentaar die belang van die kategese - enersyds as taak van die ampsdraers, andersyds as opdrag vir individuele gelowiges en hulle gesinne.

Palavras-chave : Calvyn; Handelinge; kommentaar op; kategeet [kategese]; onderrig; vormsel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons