SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

BUYS, P.. Beskouings oor die waardekonsep in rekeningkunde. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.495-517. ISSN 2304-8557.

Die onlangse ineenstorting van wêreldfinansies en die redes daarvoor mag veroorsaak dat baie mense die rentmeester-skapsfunksie van rekeningkunde bevraagteken. In die globale finansiële markte is daar 'n groot bekoring ten opsigte van die realiteit wat rekeningkundige waardes poog om te reflekteer. Wat baie mense egter voorheen as waardevol beskou het, het nou skielik geen waarde meer nie. Die vraag kan tereg gevra word wat met die konsep van waarde as 'n grondslag tot moderne rekeningkunde bedoel word. "Waarde" is 'n konsep wat vir verskillende interpretasies oop is, gebaseer op die behoeftes, perspektiewe en persoonlike waardes van die individu. Hierdie artikel poog om op die waardekonsep vanuit 'n rekenmeesterskapsperspektief te reflekteer deur die kwalitatiewe aspekte te analiseer en die impak hiervan op die kwantitatiewe aspekte van waardebepaling en die verslagdoening daarvan, te evalueer. Vanuit 'n kwantitatiewe perspektief poog rekeningkunde om die monetêre waardes van items te meet en te rapporteer. Daar is egter 'n beweging na 'n gemengde waardasiemodel met baie finansiële state wat sowel historiese koste as waarde-gebaseerde rekeningkundige inligting bevat. Die artikel bevind dat hierdie twyfelagtige ontwikkeling die deur oopmaak vir heelwat addisionele en subjektiewe interpretasies van rekeningkundige waardebepaling en verslagdoening. Albei waardasiemetodes het meriete, gesien in die lig van die oor-koepelende doel van rekeningkundige inligting. Nogtans mag subjektiewe billike-waarde-gebaseerde inligting 'n skadu van onsekerheid werp op die betroubaarheids- en vergelykbaar-heidsdoelstellings van rekeningkundige waarde-inligting.

Palavras-chave : billike-waarde rekeningkunde; rekeningkundige etiek; rekenmeesterskap; rentmeesterskap; waardasie; waarde-bepaling.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons