SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

THERON, P.M.  e  LOTTER, G.A.. Die noodsaaklikheid van 'n integrale Christelike wêreldbeskouing: Verkenning van die uitdagings vir beïnvloeding van die ongelowige wêreld. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.467-493. ISSN 2304-8557.

Christene dink dikwels dat die apostel Paulus met sy waar-skuwing: "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie" (2 Kor. 6:14), alle kontak met nie-Christene veroordeel en dat hy totale onttrekking aan die wêreld voorstaan. Christene word egter geroep om die "wereld te beïnvloed". Hulle moet die fyn balans tussen 'n eksklusiewe en 'n akkommoderende Christenskap vind. 'n Voortdurende bewuswees van en gegrondwees in die Christelike lewensbeskouing, sal Christene laat besef dat hulle 'n roeping het om "hervormers" op alle terreine van die lewe te wees. Christene is geroep tot transformasie van die gemeenskap deur middel van 'n omvattende beeld van voltydse diens aan God op elke terrein van die lewe. Die Christendom kan alleen die wêreld effektief beïnvloed indien dit in 'n integrale Christelike wêreldbeskouing gegrond is en voortdurend betrokke is by die eise van die ekonomie, politiek, gemeenskap, kultuur, godsdiens, opvoedkunde en die gemeenskap in sy totaliteit. Voortspruitende uit die artikel, word ten slotte riglyne voorgestel vir die beïnvloeding van die ongelowige wêreld.

Palavras-chave : Christene; ongelowiges.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons