SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número3Using reflexive photography to study a principal's experiences of the impact of professional development on a school:  A case studyReflections on the value concept in accounting índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

THERON, P.M.  y  LOTTER, G.A.. Die noodsaaklikheid van 'n integrale Christelike wêreldbeskouing: Verkenning van die uitdagings vir beïnvloeding van die ongelowige wêreld. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.467-493. ISSN 2304-8557.

Christene dink dikwels dat die apostel Paulus met sy waar-skuwing: "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie" (2 Kor. 6:14), alle kontak met nie-Christene veroordeel en dat hy totale onttrekking aan die wêreld voorstaan. Christene word egter geroep om die "wereld te beïnvloed". Hulle moet die fyn balans tussen 'n eksklusiewe en 'n akkommoderende Christenskap vind. 'n Voortdurende bewuswees van en gegrondwees in die Christelike lewensbeskouing, sal Christene laat besef dat hulle 'n roeping het om "hervormers" op alle terreine van die lewe te wees. Christene is geroep tot transformasie van die gemeenskap deur middel van 'n omvattende beeld van voltydse diens aan God op elke terrein van die lewe. Die Christendom kan alleen die wêreld effektief beïnvloed indien dit in 'n integrale Christelike wêreldbeskouing gegrond is en voortdurend betrokke is by die eise van die ekonomie, politiek, gemeenskap, kultuur, godsdiens, opvoedkunde en die gemeenskap in sy totaliteit. Voortspruitende uit die artikel, word ten slotte riglyne voorgestel vir die beïnvloeding van die ongelowige wêreld.

Palabras clave : Christene; ongelowiges.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons