SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STEYN, G.M.. Die gebruik van refleksiewe fotografie om 'n skoolhoof se ervarings van die impak van professionele ontwikkeling te bestudeer: 'n Gevallestudie. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.437-465. ISSN 2304-8557.

Die veranderde sosiale en ekonomiese omgewing het 'n direkte impak op skole en die effektiewe bestuur daarvan. Vir skoolhoofde is dit nodig om onbekende kwessies te hanteer. Hierdie artikel poog om 'n Suid-Afrikaanse skoolhoof se ervarings van die wyse waarop professionele ontwikkeling die ontwikkeling van die skool en dié van personeel in die funksionering van die skool beïnvloed het, te bestudeer. 'n Verkennende, kwalitatiewe studie deur middel van visuele etnografie is vir die studie geskik gevind. Gerieflike en selektiewe steekproefneming is gedoen om 'n skoolhoof te identifiseer wat as voorbeeld kon dien van 'n skoolhoof wat 'n hoë premie plaas op sy/haar eie en ander se voortgesette professionele ontwikkeling. Data is deur middel van refleksiewe fotografie, die skoolhoof se skrywes, sowel as 'n foto-verduidelikende onderhoud ingesamel. Die volgende kategorieë het uit die data na vore gekom: 'n toegewyde en positiewe gesindheid van die skoolhoof teenoor professionele ontwikkeling; die voorsprong: ontvangs van die uitnodigende skooltoekenning; wees positief (B+); 'n fokus op kliëntediens (doen meer as wat verlang word; die blou-en-oranjekaartstelsel vir leerders; die vaslegging van waardes); en wat doen ons anders?

Keywords : professionele ontwikkeling; refleksiewe fotografie; uitnodigende onderwys; visuele etnografie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License