SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, J.L. et al. Die akademie in Suid-Afrika: 'n Vervullende professie?. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.409-435. ISSN 2304-8557.

Suid-Afrikaanse akademici huldig 'n kollektiewe waardestelsel. Ander waardestelsels beïnvloed egter hulle waardestelsel sowel as hulle akademiese werk. Hulle werk tipies in 'n institusionele, nasionale en internasionale konteks, elkeen met 'n eie waardehiërargie. 'n Teoretiese bespreking van (die rol van) waardes in die akademiese werksomgewing word opgevolg met 'n oorsig van die professionele waardes van Suid-Afrikaanse akademici soos gemeet met behulp van die Changing Academic Profession (CAP)-opname wat in 2008 uitgevoer is. Hierdie opname het aan die lig gebring dat daar byvoorbeeld 'n gaping bestaan tussen die institusionele waardehiërargie en dié van die akademiese professie. Die gevolgtrekking kan derhalwe gemaak word dat baie Suid-Afrikaanse akademici relatief onvervulde professionele lewens lei, onder meer omdat hulle in 'n omgewing (verskeie kontekste) moet werk wat vol teenstrydighede is. Hierdie probleme moet aandag geniet ter wille van die welsyn van sowel die akademiese professie as die hoëronderwyssektor.

Keywords : akademiese professie; Changing Academic Profession (CAP)-opname; hoëronderwys; werkstevredenheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License