SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

STRAUSS, D.F.M.. 'n Perspektief op die (neo-)Darwinisme (2010). Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.341-386. ISSN 2304-8557.

'n Perspektief op die neo-Darwinisme moet allereers rekenskap gee van daardie geesteswetenskaplike aannames wat daartoe gelei het dat die neo-Darwinisme nie 'n suiwer vakweten-skaplike teorie en ook nie 'n suiwer natuurwetenskaplike teorie is nie. 'n Bespreking van die veelsydigheid van lewende dinge belig die probleme verbonde aan 'n definisie van die biologie. Aandag is vlugtig gegee aan die fisikalisme van Darwin se 1859-werk alvorens die sug na oorspronge bespreek is. Hierdie oorwegings het die weg gebaan vir 'n beoordeling van die treffende tekortkomings in die denke van Darwin en sy volgelinge. In die besonder is die moderne nominalisme geïdentifiseer as 'n belangrike bron vir die neo-Darwinisme, veral gemanifesteer in die idee dat organismes nie tipes is of tipes kan hê nie (Simpson). Darwin se idee van geleidelik (kontinue) verandering ten opsigte van die ontstaan van 'n komplekse orgaan (of die ontstaan van die eerste lewende entiteit) asook van opeenvolgende fossielvorms is in stryd met die huidige stand van sake - en dieselfde geld vir sy eie radikale siening dat "nadelige" variasies onmiddellik deur natuurlike seleksie geëlimineer sal word, want dit kan nie versoen word met die rol van mutasies in die neo-Darwinistiese teorie nie. Bykomend het neo-Darwinistiese paleontoloë daarop gewys dat evolusie tussenvorms vereis en dat die paleontologie dit nie lewer nie (Kitts). Hulle het openlik bely dat hulle lippediens gelewer het aan die vermeende verandering in the paleontologie terwyl hulle al die tyd geweet het dit is nie waar nie (Eldredge): die dominante tema van die paleontologie is stasis, konstantheid - 'n tipe verskyn en bly konstant vir miljoene jare alvorens dit verdwyn (Gould). Die aanname van geleidelik-kontinue verandering het 'n verdere terugslag ontvang van die "Cambrian explosion", die "nasty fact" dat die meeste "major animal groups appeared simultaneously" omtrent 530 miljoen jaar gelede. Enkele fasette van die uniekheid van die mens is aan die orde gestel asook die verwarde prentjie wat aangetref word in 'n poging om die neo-Darwinisme met die Christendom te versoen. In 'n aanhangsel word 'n oorsigtelike beoordeling van die pretensies van die neo-Darwinisme behandel.

Palavras-chave : denkskole; gepoogde sintese: Christendom en evolusie; kontinuïteit en diskontinuïteit; Neo-Darwinisme; ontstaan van lewe; paleontologie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons