SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2A critique of social marketing in the non-profit development sectorWhy the fuss over Brown's The Da Vinci code? The dynamism of "icons" and the in/stability of meaning índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

FRONEMAN, J.D.  e  SWANEPOEL, T.. Die onderrig van joernalistiek voor en na die beëindiging van Christelike hoër onderwys op Potchefstroom. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp. 265-284. ISSN 0023-270X.

Hierdie artikel ondersoek hoe die stap-vir-stapveranderings by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (wat uitgeloop het op die samesmelting met die Universiteit van Noordwes om die Noordwes-Universiteit [NWU] te vorm) 'n invloed gehad het op joernalistiekopleiding op die Potchef-stroomkampus. Dit is besonder relevant in die konteks van die 50-jarige viering in 2009 van joernalistiek- en kommunikasie-opleiding deurdie Skool virKommunikasiestudies op die Potchefstroomkampus. Die artikel het dus 'n pertinent historiografiese bedoeling - meer spesifiek is dit 'n poging tot mikro-historiografie. Dit streef daarna om aan te toon hoe 'n definitiewe Christelike perspektief op die joernalistiek plek gemaak het vir 'n verskraalde, religielose "waardegedrewe" benadering. Alhoewel die visekanselier van die NWU meen dat dosente die reg het om hulle standpunte in die klas te stel (insluitend standpunte gegrond op Christelike beginsels), word hier aange-voer dat die beëindiging van 'n formele Christelike benadering dit baie moeilik, indien nie onmoontlik nie, gemaak het om voort te gaan soos in die verlede. As 'n uitvloeisel van die waardegedrewe benadering word professionele en institusionele etiese kodes nou as vertrekpunte gebruik. Maar dit bevredig nie diegene wat verbind is tot 'n meer fundamenteel-Christelike benadering tot die joernalistiek nie. Daarom word gesuggereer dat indien hierdie siening van sake foutief is, diegene met 'n meer positiewe kyk op die "naamsverandering" duideliker leiding kan gee oor hoe Christelike perpektiewe op die wetenskap (en joernalistiek) realisties gesproke binne die leerplan geakkommodeer kan word.

Palavras-chave : Christelike perspektiewe; joernalistiek; onderrig van; Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys; waardes.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License