SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FRONEMAN, J.D.  y  SWANEPOEL, T.. Die onderrig van joernalistiek voor en na die beëindiging van Christelike hoër onderwys op Potchefstroom. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.265-284. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel ondersoek hoe die stap-vir-stapveranderings by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (wat uitgeloop het op die samesmelting met die Universiteit van Noordwes om die Noordwes-Universiteit [NWU] te vorm) 'n invloed gehad het op joernalistiekopleiding op die Potchef-stroomkampus. Dit is besonder relevant in die konteks van die 50-jarige viering in 2009 van joernalistiek- en kommunikasie-opleiding deurdie Skool virKommunikasiestudies op die Potchefstroomkampus. Die artikel het dus 'n pertinent historiografiese bedoeling - meer spesifiek is dit 'n poging tot mikro-historiografie. Dit streef daarna om aan te toon hoe 'n definitiewe Christelike perspektief op die joernalistiek plek gemaak het vir 'n verskraalde, religielose "waardegedrewe" benadering. Alhoewel die visekanselier van die NWU meen dat dosente die reg het om hulle standpunte in die klas te stel (insluitend standpunte gegrond op Christelike beginsels), word hier aange-voer dat die beëindiging van 'n formele Christelike benadering dit baie moeilik, indien nie onmoontlik nie, gemaak het om voort te gaan soos in die verlede. As 'n uitvloeisel van die waardegedrewe benadering word professionele en institusionele etiese kodes nou as vertrekpunte gebruik. Maar dit bevredig nie diegene wat verbind is tot 'n meer fundamenteel-Christelike benadering tot die joernalistiek nie. Daarom word gesuggereer dat indien hierdie siening van sake foutief is, diegene met 'n meer positiewe kyk op die "naamsverandering" duideliker leiding kan gee oor hoe Christelike perpektiewe op die wetenskap (en joernalistiek) realisties gesproke binne die leerplan geakkommodeer kan word.

Palabras clave : Christelike perspektiewe; joernalistiek; onderrig van; Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys; waardes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons