SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FOURIE, L.M.  y  FRONEMAN, J.D.. 'n Kritiese beskouing van die sosiale bemarking in die nie-winsgewende sektor. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.241-263. ISSN 2304-8557.

Nie-winsgewende organisasies (NWOs) gebruik toenemend sosiale bemarkingstrategieë in hulle soeke na fondse. Hierdie benadering kan potensieel ook nie-regeringsorganisasies (NROs) se gemeenskapsgebaseerde organisasies (GBOs) se kommunikasie met hulle "kliënte" (persone en gemeenskappe wat ontwikkeling nodig het) beïnvloed. Die gevolg is dat be-markingstrategieë 'n instrument vir sosiale verandering word. Die hoofaanname wat gemaak word, is dat gedrag verander kan word deur middel van oorredende eenrigtingkommunikasie. Sosiale bemarking, met sy wortels in bemarking, het 'n sterk fokus op oorreding en gee voorkeur aan eenrigtingkom-munikasie, eerder as dialogiese kommunikasiestrategieë soos deur die deelnemende benadering tot ontwikkelingskom-munikasie voorgestaan word. Dit kan ook bevraagteken word of sosiale bemarking voldoen aan die riglyne van Bybels-gefundeerde kommunikasie. Teen die agtergrond van hierdie vrae word Bybelse perspektiewe op kommunikasie en die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie in hierdie artikel bespreek. Daarna word kritiek gelewer op sosiale bemarking as kommunikasiebenadering. Daar word geargumenteer dat 'n klinkklare antwoord op die vraag of sosiale bemarking as deelnemend beskryf kan word, nie gegee kan word nie. Wat egter duidelik is, is dat daar 'n verskeidenheid standpunte is oor wat sosiale bemarking presies is, soos ook in die geval van die deelnemende benadering. Dit blyk dus meer korrek te wees om sosiale bemarking op 'n kontinuum van deelname te plaas, eerder as om dit te probeer definieer as deelnemend (en eties) al dan nie. In die laaste instansie word voorstelle gemaak wat sosiale bemarking meer deelnemend sal maak en derhalwe ook meer in ooreenstemming met Bybelse riglyne vir kommunikasie.

Palabras clave : Bybelse perspektiewe op kommunikasie; deelnemende benadering; nie-winsgewende sektor; ontwikkelingskommunikasie; sosiale bemarking.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons