SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue1-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

FOURIE, L.M.  and  FRONEMAN, J.D.. 'n Kritiese beskouing van die sosiale bemarking in die nie-winsgewende sektor. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.241-263. ISSN 2304-8557.

Nie-winsgewende organisasies (NWOs) gebruik toenemend sosiale bemarkingstrategieë in hulle soeke na fondse. Hierdie benadering kan potensieel ook nie-regeringsorganisasies (NROs) se gemeenskapsgebaseerde organisasies (GBOs) se kommunikasie met hulle "kliënte" (persone en gemeenskappe wat ontwikkeling nodig het) beïnvloed. Die gevolg is dat be-markingstrategieë 'n instrument vir sosiale verandering word. Die hoofaanname wat gemaak word, is dat gedrag verander kan word deur middel van oorredende eenrigtingkommunikasie. Sosiale bemarking, met sy wortels in bemarking, het 'n sterk fokus op oorreding en gee voorkeur aan eenrigtingkom-munikasie, eerder as dialogiese kommunikasiestrategieë soos deur die deelnemende benadering tot ontwikkelingskom-munikasie voorgestaan word. Dit kan ook bevraagteken word of sosiale bemarking voldoen aan die riglyne van Bybels-gefundeerde kommunikasie. Teen die agtergrond van hierdie vrae word Bybelse perspektiewe op kommunikasie en die deelnemende benadering tot ontwikkelingskommunikasie in hierdie artikel bespreek. Daarna word kritiek gelewer op sosiale bemarking as kommunikasiebenadering. Daar word geargumenteer dat 'n klinkklare antwoord op die vraag of sosiale bemarking as deelnemend beskryf kan word, nie gegee kan word nie. Wat egter duidelik is, is dat daar 'n verskeidenheid standpunte is oor wat sosiale bemarking presies is, soos ook in die geval van die deelnemende benadering. Dit blyk dus meer korrek te wees om sosiale bemarking op 'n kontinuum van deelname te plaas, eerder as om dit te probeer definieer as deelnemend (en eties) al dan nie. In die laaste instansie word voorstelle gemaak wat sosiale bemarking meer deelnemend sal maak en derhalwe ook meer in ooreenstemming met Bybelse riglyne vir kommunikasie.

Keywords : Bybelse perspektiewe op kommunikasie; deelnemende benadering; nie-winsgewende sektor; ontwikkelingskommunikasie; sosiale bemarking.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License